)

Paul Roosers gedenk gevalle helde

Paul Roos Gimnasium herdenk tradisioneel in November alle gevalle soldate, en meer spesifiek die 26 Paul Roos-oudleerders, wat hul lewens vir hul land tydens die twee Wêreld-oorloë , die Grensoorlog en die Vryheidstryd afgelê het. Die reünie-groepe van 1954, 1955 en 1956 het as eregaste die verrigtinge bygewoon.

Die verrigtinge het die lees van die ererol deur mnr Frans van Niekerk behels waarna ‘n krans by die gedenkmuur gelê en ’n laaste eerbetoon deur Devon Milne, hoofseun 2021, gedoen is. Die verrigtinge is met die speel van die Laaste Taptoe deur `n graad 10-leerder, Zachary Sauls, afgesluit   deur ‘n minuut van stilte.

‘n Uittreksel uit mnr Van Niekerk se toespraak: “Uit respek en waardering vir die groot offer wat hierdie helde gebring het, wil ek elke Paul Rooser uitdaag om alles in jou vermoë te doen om konflik te vermy en jou daarop toe te spits om  verdraagsaamheid te bevorder. Beywer julle om  vredemakers te wees en respek en medemenslikheid altyd voorop te stel.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal