Mnr Charl Schoeman, mev. Tania Heradien en mej Des Mills van Worcester Gimnasium se Engelse Departement.
Tydens Wes-Kaapse Onderwysdepartement 2019 Nasionale Senior Sertifikaat Prysuitdeling wat by Leeuwenhof plaasgevind het,word die Beste verbetering in Engels (huistaal) toegeken aan Worcester Gimnasium. Mnr Charl Schoeman, skoolhoof, het die toekenning in Ontvangs geneem van Minister Debbie Schäfer.