Mnr André Gie en sy vrou, mev. Louisa Gie
Mnr. André Gie (Metaalwerk/ Tegnologie) tree na 42 jaar by Worcester Gimnasium uit die onderwys. Hy het diep spore in die skool se geskiedenis getrap en ‘n groot aantal innoverende projekte by die skool geloods. Met sy sterk dissipline, maar tog ‘n sagte hart, het hy in baie leerders se lewens ‘n groot rol gespeel. Die Bosvark-gemeenskap sal hom mis, maar gun hom en sy vrou, Louisa, ook ‘n oud-onderwyser van die skool, ‘n welverdiende aftrede.