André Viljoen van Worcester Gimnasium het gedurende die Desember vakansie aan 4 tennistoernooie deelgeneem.
In die Eden Masters het hy in die finaal 2de geëindig en by die Eastern Cape Growth Point Toernooi algeheel 7de.
By die Kaapse- en Boland toernooie het hy en sy dubbelspelmaat 4de geëindig. Ongelukkig moes André agv ‘n armbesering aan die Growth Point Boland Toernooi onttrek.
Tans is André 16de gelys in Suid-Afrika vir enkels en 13de in dubbels.
Welgedaan André ons is baie trots op jou en wens jou ‘n goeie tennisjaar toe!!!!