Wonderlig Groepprogram. Die Hoërskool Wonderboom spog jaarliks die Wonderligleiers! Vandeesweek is 2025 se dinamiese span van die Wonderlig Groepprogram ook aangekondig. Hierdie talentvolle groep Graad 9-leerders is verkies ná ‘n deeglike aansoekproses en onderhoude. Hierdie dinamiese groep het alreeds bewys dat hulle oor die nodige eienskappe en vaardighede beskik om as leiers in ons skoolgemeenskap te dien.
Die aansoeke wat ontvang was, is van uiters hoë gehalte en ons is opreg dankbaar vir elke leerder wat hul belangstelling getoon het. Alhoewel ons net plek het vir twaalf Wonderligleiers (ses in die oggend- en ses in die middaggroep) is Wonnies seker dat die gekose leiers, die waardes en gees van Die Hoërskool Wonderboom met trots sal uitleef.
Die Wonderligleiers vir 2025:
- Lee-Shey Botes
- Armand Cornelius
- Marlien Du Plessis
- Martin Hattingh
- Luan Hendry
- Leila Jacobs
- Anzelle Nieman
- Dian Potgieter
- Sue-Marie Smith
- Zoé Stolz
- Christel-Mérie Swart
- Caylie Wirth
Daaglikse funksionering
Hierdie dinamiese leiers sal ‘n belangrike rol speel in die daaglikse funksionering van die Wonderliggroepe, waar hulle nie net sal lei nie, maar ook hul mede-leerders sal ondersteun en inspireer. Hulle het elk hul toewyding aan diens, spanwerk, en leierskap beloof en ons is vol vertroue dat hulle ‘n positiewe verskil in die skool sal maak.
Die Wonderlig Groepprogram, by Die Hoërskool Wonderboom, is veel meer as net ‘n program – dit is ‘n lewensveranderende ervaring. Dit bevorder ‘n kultuur van vriendelikheid, verantwoordelikheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die Wonnies glo dat hierdie 12 leiers voortgaan om die Wonderlig-waardes in elke aspek van hul die lewe sal implementer en uitleef. Die groep vertrou dan ook dat hul, hul mede-leerders sal inspireer om ook hierdie waardes n ate streef!
Hoërskool Wonderboom is opgewonde oor die jaar wat voorlê en sien uit daarna om die merk wat hierdie Wonderligleiers op die skool skool sal maak, te beleef!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








