Wonderboom Krieket. Hoërskool Wonderboom van Pretoria se eerste span krieket seuns het Saterdag, 16 Oktober, kragte gemeet teen Hoërskool Wagpos van Pretoria se span. Wonderboom se krieket span was op hul stukke en wen Hoërskool Wagpos met 9 paaltjies. Hoërskool Wagpos is almal uitgeboul vir 60 lopies.
Wonderboom se krieket span het die volgende prestasies behaal:
Wonderboom: 61/1
Brandon van Dyk neem 4 paaltjies.
Xander Ludeke neem 3 paaltjies.
Hector Masango slaan 32 lopies – nie uit nie.
Divan Schmahl slaan 19 lopies – nie uit nie.
Baie geluk aan Carlo Schmahl, o.14 kaptein, wat sy eerstespan baggy in ontvangs geneem het.
Gelukwense ook aan Eduan Kritzinger, o.15, wat sy debuut gemaak het vir die Eerste Span.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Wondies: