Landboubestuur. Hoƫrskool Ermelo se graad 10- en graad 11-Landboubestuur leerders het hulle jaarlikse praktiese assessering gedoen. Hulle het dit gedoen by mnr Gerrie Jansen van Rensburg van Nooitverwag Beefmasters. Die PAT-assessering is deel van die leerders se praktiese punte wat hulle deur die jaar moet akkumuleer .
Mnr. Gerrie Jansen van Rensburg het die Erries met ope arms ontvang. Hy het baie inligting met die leerders gedeel in verband met moderne boerdery en die hantering van topdiere. Leerders het beeste onthoring en praktiese veehantering is gedoen onder die bekwame leiding van mnr Jansen van Rensburg. Mnr Faans van der Mewe het die leerders geƫvalueer.
Die Lanboubestuur leerders was bevoorreg om ook baie by mnr Danie Pienaar van BKB te leer oor onder andere mnr Jansen van Rensburg se skape. Mnr Pienaar het uitstekend met die leerders gewerk en waardevolle boerdery inligting van skape oorgedra. Die leerders moes skape hanteer en op die regte manier vang. Hulle moes ook die skape se ouderdom bepaal deur die diere te bek en ook met oorplaatjies te merk. Hier het mnr Faans van der Merwe ook elke leerder se aktiwiteite geƫvalueer. Elke leerder het hom/haar uitstekend van hul taak gekwyt!
Baie dankie aan mnr en mev Jansen van Rensburg vir die gasvryheid wat julle aan die leerders betoon het. Waardevolle inligting is aan die Landboubestuur leerders oorgedra.
Hoƫrskool Ermelo is opreg dankbaar vir julle betrokkenheid by EHS.
Meer oor Hoƫrskool Ermelo: