)

Landboubestuur -Errie leerders baat by landbou prakties

Landboubestuur. Hoƫrskool Ermelo se graad 10- en graad 11-Landboubestuur leerders het hulle jaarlikse praktiese assessering gedoen. Hulle het dit gedoen by mnr Gerrie Jansen van Rensburg van Nooitverwag Beefmasters. Die PAT-assessering is deel van die leerders se praktiese punte wat hulle deur die jaar moet akkumuleer .

Mnr. Gerrie Jansen van Rensburg het die Erries met ope arms ontvang. Hy het baie inligting met die leerders gedeel in verband met moderne boerdery en die hantering van topdiere. Leerders het beeste onthoring en praktiese veehantering is gedoen onder die bekwame leiding van mnr Jansen van Rensburg. Mnr Faans van der Mewe het die leerders geƫvalueer.

Die Lanboubestuur leerders was bevoorreg om ook baie by mnr Danie Pienaar van BKB te leer oor onder andere mnr Jansen van Rensburg se skape. Mnr Pienaar het uitstekend met die leerders gewerk en waardevolle boerdery inligting van skape oorgedra. Die leerders moes skape hanteer en op die regte manier vang. Hulle moes ook die skape se ouderdom bepaal deur die diere te bek en ook met oorplaatjies te merk. Hier het mnr Faans van der Merwe ook elke leerder se aktiwiteite geƫvalueer. Elke leerder het hom/haar uitstekend van hul taak gekwyt!

Baie dankie aan mnr en mev Jansen van Rensburg vir die gasvryheid wat julle aan die leerders betoon het. Waardevolle inligting is aan die Landboubestuur leerders oorgedra.

Kian Smuts-Erasmus en Megan Marais besig met skaaphantering
Diederick van der Walt en CJ van Huyssteen besig met die brand van beeste se horings
Die groep graad 10-landbouleerders saam met juffrou Anra Mentz (middel agter) en meneer Gerrie Jansen van Rensburg (derde van regs, agter).

Hoƫrskool Ermelo is opreg dankbaar vir julle betrokkenheid by EHS.

Meer oor Hoƫrskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal