Worcester Gimnasium leerders, Amber du Plessis en Be-Arthur Davids, is die Burgemeester en Speaker van die Junior Sradsraad van Worcester!
Die Junior Stadsraad van Worcester is Vrydag, 3 Mei ingehuldig.
Dit is met trots dat Worcester Gimnasium kan aankondig dat 5 van hul leerders op die Junior Stadsraad dien.
Foto: Agter vlnr: Mikyall Harris (uittredende lid), Lana de Jager, Nabilah Williams (raadslede) en Eron Pekeur (verteenwoordig Boland Krieket op die raad)
Voor vlnr: Be-Arhur Davids (Speaker), mnr. Riaan Laubscher (Adjunkhoof) en Amber du Plessis (Junior Burgemeester)
Afwesig: Leandrie du Toit (uittredende lid)