Baie geluk aan die volgende dogters hokkiespelers van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, wat na afloop van die Mpumalanga hokkieproewe in die onderskeie Mpumalanga hokkiespanne opgeneem is.
Mianke Kwakernaak is gekies vir die o/14B-span, Karabo Gina en Mary Gurumani is albei in die o/16A-span opgeneem, Nothando Mashinini is gekies vir die o/16B-span terwyl Bianca Ncobo gekies is vir die o/18A-apan en Cara Bruwer vir die o/18B-span. Baie geluk aan hierdie ses dogters met julle pragtige prestasies.
Foto: (v.l.n.r.): Bianca Ncobo, Mianke Kwakernaak, Cara Bruwer, Karabo Gina, Nothando Mashinini en Mary Gurumani.