DERIK NORTJE BEÏNDRUK MET SPOGPRESTASIE BY STELLENBOSCH KUNSWEDSTRYD
Tydens die prestige Stellenbosch pryswennerskonsert op Vrydag, 3 Mei, het die Hoërskool Strand-leerder, Derik Nortje (graad 10), nie net die gehoor met sy toespraak, “As die voëlmis die Facebook tref” mateloos beïndruk nie.
Hy is ook beloon met die Stellenbosch Kunswedstrydmedalje vir Veelsydigheid in die Dramatiese Kunste én die Stellenbosch Kunswedstrydbeker vir Senior Redevoering.
Voorwaar ? puik prestasie vir hierdie baie talentvolle jong woordkunstenaar!
Foto: Derik Nortje en me. Mathilda Walters-Vlok (Organiseerder: Dramatiese Kuns)