Die WJA Bester trofee vir die beste akademiese Ko-kurrikulêre prestasie in 2019 is vanjaar toegeken aan Kirsten Boshoff, Danielle du Toit, Carina van der Vyfer en Alexa Viljoen. Al vier is lede van die span wat die Nasionale Podium Pretredenaarskompetisie wen. Hulle is ook lede van die span wat die Wes-Kaap rondte van die Oppie Tong Af-Redenaarskompetisie wen en vir die Nasionale Rondte kwalifiseer. Verder is hulle is ook lede van die span wat in die Radikale Redenaars-Kompetisie deurdring na die Nasionale kompetisie.