Witteberg Rugby. Hoƫrskool Witteberg in Bethlehem se O.14A rugbymanne vat nie net een nie, maar twee bekers huistoe na afloop van die 2022 rugbyseisoen.
āDie seisoen het rof begin vir hierdie Witteberg rugby span, maar die manne het hom mooi geĆ«indig. Die span sien uit om vir die volgende vier jaar vir diĆ© skool rugby te speel. Daar is egter NET1SKOOLā sĆŖ Cobus Labuschagne, die O.14A rugbykaptein van Witteberg. Labuschagne het Maandag by die skool se opening sy mede-skoliere toegespreek en gespog met sy span.
Die o.14 A span het op die jaarlikse interskole teen Bethlehem Voortrekker HoĆ«rskool met ‘n telling van 0 ā 24 verloor. Hierdie nederlaag het beslis nie die graad 8’s van HoĆ«rskool Witteberg gestop om aan te hou werk nie. āDie afrigters, mnr Dolf van Rensburg en mnr Leonard Jacobs het werklikwaar ‘effort‘ ingesit. Saam het hulle met die seuns die pad verder gestap. “Ons is baie trots op hulle,” sĆŖ Gustav Dreyer, die skool se bemarkingshoof. āDit is ‘n groot oomblik vir die skool en pas sĆ³ mooi in met die prentjie wat ons wil skets vir die volgende 5 jaar,” het Dreyer bygevoeg.
Die span het by die Sentrale Skole Reeks finaal weer kragte gemeet teen Voortrekker en het diĆ© ligabeker gelig na ‘n telling van 17 ā 5. Na die reeks het die manne hul fokus verskuif na die Griffons liga semi-finaal. Witteberg wen toe teen Welkom Gimnasium 17-14. Saterdag, 13 Augustus, het die manne weer teen die manne van Bethlehem Voortrekker HoĆ«rskool op die veld gedraf en wen uiteindelik die Griffons Liga met 20-17 teen Voortrekker!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf