Jeugskou – Hoërskool Ermelo het verskeie leerders gehad wat deelgeneem het aan die OppiPlaas Jeugskou. EHS se jeugskou-leerders het uitstekend presteer.
Deléne Arnoldi behaal ’n eertse plek in die senior Kulinêre Kuns en Zetske van der Merwe behaal ’n twee plek in dieselfde kategorie.
In die senior Pluimvee-afdeling behaal Sudré Meyer ’n eerste plek en Jade van Strijp eindig tweede.
Martionette Rautenbach behaal ’n eerste plek in die senior Wolskaap-afdeling.
Amahle Nzimande en Anele Mzinyane behaal onderskeidelik ’n tweede en derde plek in die senior Konyn-afdeling.
Nia Möller behaal ’n tweede plek in die Afslaers-afdeling.
Al agt bogenoemde Erries is gekies vir die Mpumalanga-jeugskouspan wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou gaan deelneem in Lichtenburg.
Baie geluk aan elke leerder met hierdie uitsonderlike prestasie. EHS is trots op wat julle bereik.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf