Streek Skietkompetisie. Erries se skuts het besonder goed gevaar tydens die streek skietkompetisie. Die kompetisie het op Morgenzon plaasgevind. Die skietspan van EHS stap as wenners van die streekskompetisie weg!
Tellings wat deur die Errie-skuts geskiet is is as volg:
- Dehandri Morkel: 1372
- Pieter de Beer: 1357
- Altus Boshoff: 1297 (pb)
- Marla de Jager: 1239
- Elrize du Preez: 1128
- Jessica Ashmead: 1081.
Twee laerskool-leerders skiet ook as deel van die Erriespan: Reinhardt de Beer skiet 1093 en Danie Geldenhuys skiet 1067 (pb).
Baie geluk aan die skuts met kolskoot-tellings en die oorwinning van die streekskompetisie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf