Rugby – Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein se eerste rugbyspan het Saterdag, 13 Augustus teen Hoërskool Sentraal gespeel. JF wen Sentraal in die finaal van die stadsliga met ‘n eindtelling van 19-14.
Na afloop van die wedstryd het Jim Fouché ondersteuners ‘n kring gevorm en trots die skoollied uit volle bors gesing.
Die eerstespan afrigters, Corné Erasmus, Neil Murphy en Schalk Malherbe, stem saam dat die seuns se karakter en harde werk die deurslaggewende faktor was gedurende hierdie bepaling.
Hoërskool Jim Fouché spog ook met ligawenners in hokkie en netbal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien