Erries speel tennis teen Witteberg in nat Ermelo-weer:Ā Ā Op Vrydag 16 Maart 2018 het die tennisspelers van die HoĆ«rskool Ermelo teen Witteberg te staan gekom. Die middag het afgeskop in gietende reĆ«n en na ān lang wag, totdat die ergste reĆ«n verby is, het die wedstryde in alle erns begin. Die uitslae is as volg: Die Eerstespan-meisies verloor 23/28. Die tweede meisiespan wen 30/24. Die tweede- en eerstespanseuns verloor onderskeidelik 13/63 en 21/50.
Erries speel rugby, hokkie en netbal teen HoĆ«rskool Witteberg met Errie-guts:Ā Ā Op Saterdag 17 Maart 2018 het HoĆ«rskool Ermelo rugby, hokkie en netbal teen HoĆ«rskool Witteberg op die Erries se tuisveld gespeel.Ā Die seuns en dogters het hul harte uitgespeel op die veld en die baan! Die eenheid onder die spanne was weereens duidelik sigbaar, asook die kenmerkende Errie-guts.
Dogtershokkie: o/14A: Erries wen met 3 ā 0.Ā Baie geluk aan Surika Struwig, Danel Olivier en Jenna Oosthuizen wat elkeen 1 doel aangeteken het.
Die o/15A-span het pragtige hokkie gespeel en wen gemaklik met 6 – 0.Ā Carissa Venter en Margha Greyling slaan elkeen 3 doele vir hulle span.
Die o/16A-span speel harde, maar aanskoulike hokkie en wen 2 ā 1 in die doodsnikke van die wedstryd.Ā Zeldine Pienaar en Jana Nel teken hierdie span se doele aan.
Die o/16B-span het ook die Erries trots gemaak met hul wentelling van 5 ā 0.Ā Baie geluk aan FranĆ© Swart wat 3 doele aangeteken het, met Anlea du Plessis en Nokwanda Nxumalo wat elk 1 doel geslaan het.
Die 2de span het met 6 ā 1 gewen.Ā Jani Hattingh teken 3 doele aan met Yonette Fourie wat 2 doele slaan en TheanĆ© Arnoldi wat 1 doel aanteken.
Die Eerstes het halftyd 3 ā 0 voorgeloop, maar speel gelykop met ān telling van 3 ā 3 na `n harde wedstryd.Ā Geluk aan Ansu Klopper, DanĆ© du Plessis en Leandri Beyer wat elk 1 doel geslaan het.
Seunshokkie:Ā DiĆ© hokkie was uitstekend en elke Errie-seun het sy alles gegee.Ā Die o/16A-span wen 2 ā 0.Ā Geluk aan Christaan Arnoldi en Edrich Beyer wat hierdie span se doele aangeteken het.
Die Eerstespan wen gemaklik met 5 ā 2.Ā Adriaan Olivier teken 3 doele vir sy span aan met Tristen KĆ¼sel en Stefan Kemp wat elk 1 doel behaal.
Rugby: Baie geluk aan die o/14A-span wat met 25-7 gewen het. Diederik van der Walt en Tiaan Grobler druk elk ān drie en Juan-Paul Labuschagne teken drie drieĆ« aan. Hy verdoel ook een drie en behaal ook ān strafskop.
Die o/15Aās verloor met 57-10. Geluk aan Lourens Erasmus wat twee drieĆ« aangeteken het.
Die o/15B span verloor met ān skrale 21-24. Siphesihle Mtsweni, Spesihle Mhlonga en Usifanele Kunene teken elk ān drie aan en Zimri BĆ¼chling verdoel al drie. o/16A verloor 26-5 met Thami Nyantsumbe wat die drie druk.
Die o/16Bās verloor 36-0.
Die derde- en tweedespan verloor onderskeidelik met 35-0 en 45-0.
Die eerstespan verloor 59-20. Charl Rautenbach en Stefan Potgieter druk elk ān drie. Walter Visser verdoel altwee drieĆ« en skop twee strafskoppe oor.
Netbal: Die gladde, nat netbalbane en koue weer het nie die netbaldogters se gees geblus nie. Die laaste rondte wedstryde moes egter gestop word weens die reĆ«n. Die o/14 Aās wen oortuigend met 7-1. Die o/15 Aās verloor 2-9. Die o/15 Bās verloor 0-12 en die o/17 Aās verloor 3-12. Die Erries se tweedespan verloor 6-11. Die eerstespan speel ān pragtige wedstryd en veg mooi terug in die laaste kwart van die wedstryd, maar verloor met ān skrale 18-20.
Dankie aan elke Errie wat hulle alles gegee het en ten spyte van die koue en die reƫn bly veg het.
Erries Rock!!