Ses van Hoƫrskool Ermelo se skuts het die afgelope naweek aan die Interprovinsiale skietkompetisie te Middelburg deelgeneem. Skuts van Mpumalanga en Kwazulu-Natal het deelgeneem. Dit was ook die eerste rondte proewe vir die skuts om gekies te word vir die SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie-span) wat Suid-Afrika in Augustus in Engeland by die British International Bisley gaan verteenwoordig. Ander provinsies het ook die naweek aan verskeie interprovinsialekompetisies deelgeneem. Die kompetisie was stram en goeie tellings is geskiet.
Drie van die Errie-skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet. Pieter de Beer, ān leerling van Laerskool JJ van der Merwe, het in die o/14-sporterafdeling derde geĆ«indig. Dit is ān puik prestasie veral omdat hy teen hoĆ«rskoolskuts moet deelneem.
Van die tellings is as volg:
Reinhart Vorster 1357, Pieter de Beer 1274 (pb), John-Henri van Zyl 1259, Hendrea van Zyl 1146 (pb) en EloĆÆse Prinsloo 1028. Herentia van Zyl het ook haar persoonlike beste telling geskiet.
Die finale uitnodiging na die finale proewe was nog nie beskikbaar nie.
Baie geluk aan elke Errie wat pragtig presteer het en dankie vir jul opoffering.
Op die foto bo:
Voor (vlnr): Pieter de Beer, Herentia van Zyl, EloĆÆse Prinsloo
Agter (vlnr): Mnr. Tommy van Heerden (afrigter), Hendrea van Zyl, John-Hendri van Zyl en Reinardt Vorster