)

Erries skiet alweer kolskoot

Ses van Hoƫrskool Ermelo se skuts het die afgelope naweek aan die Interprovinsiale skietkompetisie te Middelburg deelgeneem. Skuts van Mpumalanga en Kwazulu-Natal het deelgeneem. Dit was ook die eerste rondte proewe vir die skuts om gekies te word vir die SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie-span) wat Suid-Afrika in Augustus in Engeland by die British International Bisley gaan verteenwoordig. Ander provinsies het ook die naweek aan verskeie interprovinsialekompetisies deelgeneem. Die kompetisie was stram en goeie tellings is geskiet.

Drie van die Errie-skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet. Pieter de Beer, ā€˜n leerling van Laerskool JJ van der Merwe, het in die o/14-sporterafdeling derde geĆ«indig. Dit is ā€˜n puik prestasie veral omdat hy teen hoĆ«rskoolskuts moet deelneem.

Van die tellings is as volg:

Reinhart Vorster 1357, Pieter de Beer 1274 (pb), John-Henri van Zyl 1259, Hendrea van Zyl 1146 (pb) en EloĆÆse Prinsloo 1028. Herentia van Zyl het ook haar persoonlike beste telling geskiet.

Die finale uitnodiging na die finale proewe was nog nie beskikbaar nie.

Baie geluk aan elke Errie wat pragtig presteer het en dankie vir jul opoffering.

Op die foto bo:

Voor (vlnr): Pieter de Beer, Herentia van Zyl, EloĆÆse Prinsloo

Agter (vlnr): Mnr. Tommy van Heerden (afrigter), Hendrea van Zyl, John-Hendri van Zyl en Reinardt Vorster

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal