Die o/14-, o/16- en eerste seuns hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het Woensdag, 14 Maart 2018, vriendskaplike wedstryde teen Hendrina Gekombineerd op Ligbron se Astro hokkiebane gespeel.
Die wedstryde het in goeie gees plaasgevind en die Liggies gebruik hierdie vriendskaplike wedstryde om voor te berei vir die liga wat vroeg in die tweede kwartaal afskop. Die o/14’s het gelykop gespeel met geen doele elk, terwyl die o/16’s met 3-0 geseëvier het en die eerstes oortuigend met 4-0 gewen het.
Dankie aan elke leerder en ouer wat elke wedstryd tyd maak om die spelers van langs die veld te kom aanmoedig.
Foto heel bo:Â Henno Terblanche (o/14)