
Weskaap Atletiekbyeenkoms – Vyf atlete van Laerskool Gene Louw het geskitter by die Weskaap Atletiekbyeenkoms.
Die volgende atlete het hul Wes-Kaap-kleure verwerf en gaan aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Hulle presteer soos volg:
- Milea Jacobs: Sy behaal die volgende prestasies: Goue medalje – hoogspring (rekord); Brons medalje – 70m hekkies; Goue medalje – verspring
- Anke van der Merwe: Silwer medalje – verspring
- Ruben le Roux: Silwer medalje – 70m hekkies
- Annabelle Laubscher: Silwer medalje – gewigstoot
- Christiaan Stander: Brons medalje – 150m hekkies
Hierdie atlete neem 21 en 22 Maart deel aan die Nasionale Kampioenskappe wat in Germiston plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor