Waterpolo Seisoen. Die waterpolo seisoen het vir Hoër Meisieskool Bloemhof se eerste span op ’n hoë noot afgesluit. Dit is ondanks die teleurstelling dat die jaarlikse Oakhill Chukka Festival vanjaar nie by Knysna se waterfront kon plaasvind nie.
Bridge House het egter op 14 Februarie ’n toernooi vir plaaslike spanne aangebied. Ten spyte daarvan dat Bloemhof die enigste Afrikaanse skool tussen die gesoute Engelse spanne was, het die dogters met groot vasberadenheid en spanwerk ’n puik tweede plek verower.
Uitspeelrondtes:
In die uitspeelrondtes het Bloemhof al vier wedstryde oortuigend gewen:
- Pinelands High School 9–1
- Fairmont High School 7–4
- Rhenish Girls’ High School (o.19B) 5–3
- Camps Bay High School 9–3
In die semi-finaal het Bloemhof weer vir Fairmont geklop, dié keer 4–3. Ongelukkig moes Bloehof in die eindstryd die knie buig voor Fish Hoek High School wat 6–2 gewen het.
Wat ’n besonderse manier om ons matrieks se waterpolo-reis by Bloemhof af te sluit! Julle het met trots en deursettingsvermoë die seisoen geëindig – veels geluk, dames!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









