Top Akademiese Skool. Bethlehem Voortrekker Hoërskool stap met akademiese louere weg.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool het weer bewys hoekom hulle as ’n krag in akademiese opleding bekendstaan. Die Vrystaatse Departement van Onderwys se glansgeleentheid het Vrydag, 20 Februarie, plaasgevind. Tydens die geleentheid is die toppresteerders van die Thabo Mofutsanyana-distrik in die Vrystaat vereer. BVHS het met die grootste eer weggestap as die Beste akademiese skool in die stedelike afdeling.
Die matriekklas van 2025 het die skool se naam hoog gehou met uitsonderlike prestasies in vakke soos Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), toerisme en wiskunde.
Adjunkhoof, Mev Benette Brits, het met trots die Graad 12-onderwysers bedank vir hul onwrikbare toewyding en harde werk. Mnr Gys Coetzee, skoolhoof van BVHS, het dit as volg opgesom: “Ons is opreg dankbaar vir die spesiale eerbewyse en die harde werk van elke leerder en onderwyser wat dit moontlik gemaak het.”
Met hierdie prestasie bevestig Voortrekker weer sy reputasie as ’n skool wat nie net drome koester nie, maar dit ook waar maak. ’n Ware wenresep van spanwerk, deursettingsvermoë en trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









