)

Waterpolo – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Waterpolo. Die afgelope naweek het die Affies-dogters se waterpolo span hul skool met trots verteenwoordig tydens die Inspired Cup by Reddam Bedfordview. Hierdie toernooi het die span ’n waardevolle geleentheid gebied om hul vaardighede en spanwerk te toets. Die span het teen van die land se top spanne gespeel. AHMP se span het slegs ’n jaar se ervaring in waterpolo. Met moed en deursettingsvermoë het hulle elke wedstryd aangepak en hul beste gelewer.

In die groepfase het die span dapper weerstand gebied teen sterk teenstanders. Hulle het ’n nederlaag van 3-10 gely teen die naaswenners, Woodridge, maar het met vasberadenheid te staan gekom teen spanne soos St Mary’s Kloof, Parktown, Reddam Helderfontein en Roedean. Hulle het ook ’n gelykopuitslag van 5-5 behaal teen St Peters College.

In die uitspeelrondtes het die dogters egter hul ware karakter getoon. Hulle het St Mary’s Waverley met ’n oortuigende telling van 8-4 geklop en op die laaste dag van die toernooi het hulle St Peters College met ’n oorweldigende 9-1 verslaan. Dit is slegs ’n dag nadat hulle teen dié span gelykop gespeel het. Hierdie uitslae weerspieël die span se groei, vasberadenheid en harde werk. Die span het 9de uit 13 spanne geëindig.

Die Affies-waterpolospan is inspirerend en vasberade om volgende jaar die toernooi te wen en ’n plek in die St Mary’s Waverley , die grootste waterpolobyeenkoms in die land, te verseker.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://ahmp.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal