Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan die Streeks-uitdunne deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied was. Die Liggie-skuts het die volgende plekke behaal.
In die o/14-afdeling het 50 skuts deelgeneem. Cobus Pretorius het 34ste geëindig met 1022 punte en SJ van Eck het 37ste geëindig met 1000 punte.
In die o/16-afdeling het 55 skuts deelgeneem en die Liggies het die volgende plekke behaal: Sumé Snyman 10de met 1352 punte, Erenst Botha 14de met 1311, Morné van Aswegen 16de met 1304 punte, Roeland Minnaar 23ste met 1281 punte, Gerhard Botma 28ste met 1256 punte en Beverey Kirsten 44ste met 1149 punte.
Sophia Gilomee het in die o/21-afdeling saam met 42 ander skuts deelgeneem en sy het die 18de plek behaal met 1371 punte.
Baie geluk en baie sterkte aan die vyf skuts, Sophia Giliomee, Sumé Snyman, Erenst Botha, Gerhard Botma en Morné van Aswegen wat ook gekies is om deur te dring na die Mpumalanga-finaal wat op 2 en 3 Augustus te HTS Middelburg sal plaasvind.
Die vyf skuts wat gekies is om aan die Mpumalanga-finaal deel te neem:
V.l.n.r.: Erenst Botha, Morné van Aswegen, Gerhard Botma en Sophia Giliomee.
Sumé Snyman was afwesig tydens die neem van die foto.