Sewe landloopatlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie dring deur na die Gert Sibande Landloop uitdunne wat op Saterdag, 3 Augustus, in Secunda sal plaasvind. Die atlete wat deurdring is Tony Mazibuko (o/17), Masibulele Mndebele (o/17), WJ Vorster (o/17), Stephan Jacobs (o/14), Kemaine Venter (o/19), Khulekani Maseko (o/15) en Nelson Mulumba (o/19).
Foto: V.l.n.r: Tony Mazibuko, Masibulele Mndebele, WJ Vorster, Stephan Jacobs en Kemaine Venter.
Khulekani Maseko en Nelson Mulumba was afwesig tydens die neem van die foto.