Vanjaar het 22 finaliste (11 dogters en 11 seuns) aan die Mnr en Mej Liggie Kompetisie van Ligbron Akademie van Tegnologie, deelgeneem wat op Donderdagaand, 25 Julie in die Ligbron skoolsaal aangebied was. Die glansgeleentheid was ‘n besondere geleentheid met die tema “Light it up”. Met ‘n sprankelende verhoog-persoonlikheid het Kudzai Mqingwana beslis die gehoor gereeld laat skater van die lag.
Die beoordelaars-paneel het bestaan uit 4 persone elkeen met hulle eie unieke ondervinding in die modewêreld. Die beoordelaars wat die wenners moet uitkies was Brenda Vermaak, Khantsi Soldart Dludlu, Yvonne Dippenaar en George Kleinhans.
Die finaliste het in drie kategorieë deelgeneem: Informele drag, Borge voorstelling en Formele drag, waarna hulle dan beoordeel was op verskeie kategorieë. Tydens die Borg- voorstelling het die finaliste ook elkeen die geleentheid gehad om die besigheid of instansie wat hulle geborg het, uit te beeld vir erkenning en ‘n bietjie bemarking. Elke finalis het regtig pragtig gelyk en hulle het deurlopend hulle Liggies laat skitter. Baie geluk aan die volgende finaliste wat vanjaar aangewys is as die wenners.
Christian Izquirdo Oetega en Moné du Plessis is aangewys as Mnr en Mej Persoonlikheid, gevolg deur Conrad Viljoen en Fatiema Dendar wat aangewys is as Mnr en Mej Fotogenies. Laisha Naidoo is aangewys as die tweede Prinses tesame met Schoeman Terblanche wat aangewys is as die tweede Prins. Carla Barnard het die eerste Prinses titel ingeneem saam met Derik Thabede as die eerste Prins en Jandri Coetzee en Wijeon Mostert is gekroon as vanjaar se Mnr en Mej Liggie.
Vanjaar se organiseerders wil graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone en instansies te bedank vir hulle betrokkenheid en borgskappe ten opsigte van die Mnr en Mej Liggie Kompetisie: Calstar Group (Milkylane), Else-Marie Skoonheid, Isa Carstens, Kaalvoetkliek Fotografie, Hoeka Toeka, Blush Models,Wildman Hunting and Outdoor, Voorspoed Slaghuis, Studio7, Blomme vir Almal, Ermelo Watch and Gift, Nahua Highveld, Bo-Kamer Gastehuis en New You Beauty Salon.
Die Wenners van vanjaar se Light it up Mnr. En Mej. Liggie 2019 staan agter
(v.l.n.r.): Christian Izquirdo Ortega (Mnr Persoonlikheid), Conrad Viljoen (Mnr Fotogenies), Schoeman Terblanche (2de Prins), Derik Thabede (1ste Prins), Carla Barnard(1ste Prinses), Laisha Naidoo (2de Prinses), Fatiema Dendar (Mej fotogenies) en Moné du Plessis (Mej Persoonlikheid).
Voor vlnr: Wijeon Mostert (Mnr Liggie) en Jandri Coetzee Mej Liggie).