Die 0/14 seuns-hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het vanaf Donderdag tot Saterdag, 25 tot 27 Julie, in Klerksdorp aan die Noordvaal B-divisie uitspele deelgeneem.
Hulle het na afloop van hulle vertoning die algehele 4de plek beklee. Die span het die volgende uitslae behaal: speel gelykop, 3 elk, teen Monument, speel gelykop 3 elk teen Merensky, wen 3-1 teen Roodepoort, verloor 5-1 in die semi-finaal teen Hoërskool Middelburg en verloor 6-1 teen Hoërskool Eldoraine en beklee sodoende die 4de plek.