Die eerste krieketspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 27 Julie, in Volksrust teen Hoërskool Volksrust te staan gekom. Die Liggies wen die wedstryd met 6 paaltjies.
Die beste kolwers vir die wedstryd was Sean Roodt met 93 lopies en Weldon Strydom met 71 lopies.
Ruben Herbst en Hardu Prinsloo staan uit as boulers van die wedstryd.
Die 2de dogterspan het teen Hoërskool Oosterland te staan gekom waar hulle die wedstryd met 7 paaltjies gewen het.
Sonica Marcus staan uit as bouler met 3 paaltjies vir 16 lopies. Sy teken ook die meeste punte aan met die kolf.