Vrystaat Padfietskampioenskap. Hoërskool Witteberg in Bethlehem is trots om Ian Smith (Graad 11), se uitstaande prestasie te vier. Ian het Sondag aan die Vrystaat Padfietskampioenskap in Clarens deelgeneem. Hy het die resies oor ’n uitdagende afstand van 80 km op die Clarens/Fouriesburg-roete voltooi.
Met ’n indrukwekkende tyd van 2 ure en 16 minute het Ian nie net die eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal nie, maar ook as die algehele wenner van die wedren geëindig. Hierdie prestasie is ’n bewys van sy toewyding, uithouvermoë en sportmanskap.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op Ian se prestasie en sien uit na sy toekomstige deelname aan provinsiale en nasionale kompetisies. Baie geluk, Ian – jy is ’n inspirasie vir jou medeleerlinge en die hele Witteberg-familie!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










