Vrystaat Netbalkampioenskappe: Silwer en brons vir Voortrekker se kampioene! 🏐
Voortrekker se netbalsterre het op Saterdag, 14 Junie, by Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein kragte gemeet teen van die Vrystaat se beste spanne – en met trots silwer én brons teruggebring!
o/17A-span: Silwer medaljes en op pad SA’s toe!
Met vier indrukwekkende oorwinnings en slegs een nederlaag, het die o/17A-span hul plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verseker. Hulle het hul teenstanders oortref met styl, en eindig tweede in die Vrystaat — ’n ongelooflike prestasie!
Uitslae:
- Wen 20–6 teen Lephola
- Wen 28–4 teen Hoërskool Goudveld
- Wen 13–12 teen Vrystaat netbalkampioenskappe – BVHS o.17’s na SA’s Oranje
- Wen 23–7 teen Hoërskool Jim Fouché (semi-finaal)
- Verloor 11–16 teen Hoër Meisieskool Oranje (finaal)
Die span het silwer verower en kwalifiseer om op 1 en 2 Augustus aan die SA-Netbalkampioenskappe deel te neem. Super trots op die o/17A’s!
o/16A-span: Brons medaljes vir ‘n dapper span
Ons o/16A-meisies het hul alles op die baan gelos en met vier seëvierings hul staal gewys. Ná sterk vertonings en ‘n stewige wen in die bronswedstryd, sluit hulle hul toernooi af as derde beste span in die Vrystaat!
Uitslae:
- Wen 15–5 teen Hoërskool Sasolburg
- Wen 15–7 teen Welkom Gimnasium
- Verloor 7–14 teen Hoërskool Sentraal
- Wen 20–11 teen Hoërskool Goudveld
- Verloor 6–31 teen Hoër Meisieskool Oranje (semi-finaal)
- Wen 16–11 teen Hoërskool Witteberg
Die o.16’s is die Brons medalje wenners vir derde posisie in die Vrystaat – baie geluk en welgedaan!
Elke speler het hul skool met trots verteenwoordig, en hul toewyding, spanwerk en geesdrif het duidelik geskyn.
Voortrekker se netbal is lewendig en vol vuur!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









