Vrystaat Hoërskole Atletiekkampioenskappe. Die blonde blits van Hoër Meisieskool Oranje, Rumé Burger, het die naweek vier Vrystaatrekords in vier wedlope behaal. Die naweek, by die Vrystaat hoërskole-atletiekkampioenskappe in Bloemfontein het Romé in 2 naellope en 2 aflosse die Vrystaat-rekords laat spat!
- Die 100 m-rekord vir meisies o.16 (12.02) het sedert 2005 gestaan, maar is met ’n tyd van 11.92 uit die rekordboeke gevee.
- Rumé het die 200 m-rekord van 25.12 in 2016 na 23.99 verbeter.
- In die 100 m-aflos vir o.16’s het Rumé, Roné Strydom, Carli Uys en Danyelle Pienaar die Vrystaatrekord van 50.90 in 2016 oortref. Dis nou 49.84.
- Rumé was ook ’n lid van die 1 000 m-aflos (o.19) wat Oranje se rekord van 2:19.48 in 2022 na 2:16.99 verbeter het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








