Vrystaat Hoërskole Atletiekkampioenskap: Hoërskool Fichardtpark atlete het weereens hul stempel afgedruk tydens die Vrystaat Hoërskole Atletiekkampioenskap op 8 en 9 Maart 2024.
Fichies ontvang 22 medaljes tydens die Vrystaat Hoërskole Atletiekkampioenskap
- 9 Goue medaljes
- 7 Silwer medaljes
- 6 Brons medaljes
In die 0. 17 Hamergooi vir seuns behaal die Fichies die eerste drie plekke:
- 1ste: Ruan Kriel
- 2de: Matthew Durow
- 3de: Malan van Rensburg
Hamergooi, Dogters .o14: Dioné van Deventer van Hoërskool Fichardtpark het die 1ste plek behaal.
Hamergooi Seuns o.14: LJ van Straaten van Hoërskool Fichardtpark behaal die 3de plek
Judy Watson wen goud in dogters 0.17 diskusgooi en verbeter die rekord na 49,67m. Hiermee verdien sy 993 ABSA Tabel-punte.
Die 0.19 seuns aflosspan het vir groot opwinding gesorg deur eerste die wenstreep oor te steek.





Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








