Gerrie Berner-tennistoernooi. Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein, is ‘n derde jaar agtereenvolgens die wenner van die Gerrie Berner-tennistoernooi in die Paarl.
Twaalf van die beste 1ste skole-tennisspanne in die land was die afgelope naweek in die Paarl in aksie.
Oranje was onoorwonne. Die uitslae:
- Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria: OMS wen 6-16-1
- Uitnodigingspan: OMS wen7-0
- Helpmekaar Kollege: OMS wen 7-0
- Hoër Meisieskool Paarl: OMS wen 5-2
- Hoërskool Menlopark: OMS wen 7-0
- Paarl Gimnasiun (halfeind): OMS wen 4-0
- Hoër Meisieskool Paarl: (eindstryd): OMS wen 5-0
Hoër Meisieskool Oranje se twee matrieks, Mia en Nina Schimper, het behalwe die 3 titels op hoërskool ook albei in hulle laaste twee jaar as lede van Oranje Primêr se o.13A’s die Gerrie Berner-titel vir laerskole gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








