Vrystaat Atletiek. Vir ’n vierde jaar in ’n ry het Oranje ’n rekord aantal van negentien atlete opgeneem in die Vrystaat Atletiek span vir die Nasionale Hoërskole-kampioenskappe. Dit vind vanaf 2 tot 5 April in Germiston plaas.
Voor 2017 het Oranje nooit meer as nege atlete in die span vir die SA’s gehad nie.
Dit is ook die vyfde agtereenvolgende jaar wat Charné Wansbury haar provinsiale kleure op hoërskoolvlak verwerf. Sy het verlede jaar vier medaljes op die SA’s verower, onder meer brons in die 200m.
Die Vrystaat Atletiek spanlede is:
o.19:
- Nadia Vorster (hoogspring)
- Roline Louw (400m en 100m-hekkies)
- Charné Wansbury (100m en 200m)
o.17:
- Diné le Roux (100m-hekkies en 400m-hekkies)
- Nécke Verster (400m)
- Zelmarie Smook (100m-hekkies)
- Carlé Stockenström (800m)
- Cara Smith (100m-hekkies, verspring, hoogspring)
- Marianne Louw (driesprong)
o.15:
- Elizabeth Fick (100m, 200m, 400m)
- Rumé Burger (100m, 200m)
- Danyelle Pienaar (90m-hekkies en 300m-hekkies)
- Carli Uys (90m-hekkies)
- Roné Strydom (90m-hekkies, verspring)
- Marlene du Plessis (90m-hekkies)
- Annelize van der Merwe (hoogspring)
- Elsje Coetzee (gewigstoot)
- Adrie van Tonder (gewigstoot, diskus)
- Anneri Blignaut (800m, 1500m)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf