VRL Hoofleier. In ons reeks oor hoërskole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Amoné Wessels. Amoné, VRL Hoofleier van Hoërskool Durbanville vir 2023, vertel ons meer van haarself en haar leierskap.
“Ek het ‘n omgee-hart en werklik ‘n passie vir die leiding van ander. Ek is gewortel in my waardes en ek het ‘n liefde vir my skool wat skrik vir niks. Toe ek by Hoërskool Durbanville ingestap het, was slegs ses uit driehonderd leerders van my laerskool af. Dit was beslis onbekende gronde. Maar Durbanville se mense het my omvou met liefde en van daardie oomblik af het ek nie vir ‘n sekonde terug gekyk nie. Dit is werklik ‘n eer om ‘n skool en ‘n groep mense van uitnemendheid soos die Durbies te kan lei. Ek sal elke dag daarna streef om hulle trots te maak en na nuwe hoogtes te bring.
Soos ek genoem het, het ek werklik ‘n passie vir leierskap. In 2023 wil ek streef om my leier-eienskappe verder uit te brei.Dit is my persoonlike doelwit om elke dag geleenthede aan te gryp en ten volle te benut. Buiten my passie vir leierskap, het ek ook deur die jare ‘n passie vir netbal ontdek. Ek wil hard werk sodat ek my volle potensiaal daarin kan bereik en tesame net my hartsport kan geniet.
Moraal
Nadat COVID-19 ons gemeenskap getref het was die moraal laag. Ons skool en sy leerders het die “gees” waarvoor Durbanville bekend is, weer opreg benodig. Die leierskap van 2022 het ‘n merkwaardige werk gedoen om die vlam van daardie gees aan die brand te steek. Ek wil daarna streef om tydens my dienstermyn in 2023 ‘n veldbrand van eenheid en gees, nie net in skool nie, maar in ons gemeenskap vry te stel.
Een van my grootste uitdagings op skool is om te kan weet wanneer my bordjie begin oorvloei. Ek is vreeslik gedrewe en sal my skedule propvol verskeie aktiwiteite pak. Ek wil nie enige geleentheid wat Hoërskool Durbanville vir my bied, laat verbyglip nie. In plaas van ‘nee’ sê, sal ek my produktiwiteit-meter in sewende rat sit en streef om sukses te bring aan elkeen van die projekte wat ek aanpak.
Die een ding wat vir my soos ‘n paal bo water by Durbanville Hoërskool uitstaan, is die gevoel van familie. Wanneer jy deur die hekke stap en jy sien die skoolvlag voor jou wapper, ervaar jy ‘n onmiddelike rustigheid in jou hart en jy weet dat jy tuis is. Die eenheid en samehorigheid van die skool, is uniek aan enige ander skool in die land en veroorsaak dat elke leerder se hart doef, doef Durbie klop.
Mentors
Ek is vreeslik bevoorreg om verskeie mentors en leier-figure in my lewe te hê waarna ek kan opkyk. Ons skoolhoof, mnr. Venter, is ‘n puik voorbeeld van ‘n leier wat standvastig is in sy waardes en wat werklik ‘n liefde en passie het vir wat hy doen. My ma en pa is sonder twyfel kardinale mentors in my lewe en leer my om soos God te leef, liefde vir ander uit te straal en die goed in elke mens raak te sien.
As ek ‘n kombuis-artikel moes wees, sou ek sal ‘n klitser wou wees. Bloot vir die rede dat die moontlikhede oneindig is. ‘n Klitser kan disse maak, vanaf die eenvoudigste roereier tot die ingewikkeldste troukoek. Dit speel ‘n kardinale rol in die kosmaak-proses. ‘n Klitser beperk nie homself tot die boksie waarin samelewing hom plaas nie. Hy styg bo dit uit en bewys die wêreld verkeerd.
My vriende sal my beskryf as liefdevol, vriendelik en iemand met ‘n groot hart. As iemand ‘n skouer nodig het vir ondersteuning of ‘n oor nodig het om te luister, is ek daar. Hulle sal my ook beskryf as iemand wat passievol is in alles wat ek doen. Ek sal my hart stort in enige projek wat ek aanpak en seker maak dat dit vlot verloop.
Motivering
Spreuke 16:9 sê “Ken die Here in alles wat jy doen, dan sal Hy jou help om dit uit te voer”. God is beslis my hoof-motiveerder en gee my krag om hard te werk sodat ek eendag my doelwitte en ideale kan bereik en my volle potensiaal kan uitleef. My geloof is die kern van wie ek is en lê die fondasie vir my pad vorentoe en alies wat ek streef om eendag te wees en te bereik.
Hoërskool Durbanville skep ‘n gevoel van eenheid en familie vir die leerders. By Hoërskool Durbanville is hulle meer waardevol as goud in ons huidige samelewing. Die proses van ‘n hoërskool kies is skrikwekkend en van kardinale belang tot die vorming van jou menswees. Sodra jy deur ons hekke stap sal jy die skoolvlag in die lug sien wapper en weet dat jy tuis is. Die trots en liefde wat binne jou hart vir Hoërskool Durbanville gaan ontkiem is onbeskryflik en iets wat ek vir elke kind in ons land sal aanraai om te ervaar.
Dit klink dalk na ‘n clichè, maar ek het werklik nie een gunsteling onderwyser nie. Ek is onsettend bevoorreg om ‘n wye spektrum van onderwysers te hê wat my daagliks inspireer en as mentors vir my dien. As ek almal moet opnoem en praat oor die lewensveranderende impak wat hulle op my het, sal ek vir ure besig wees. Vanaf my Skeinat- tot my Lewensoriëntering-onderwyser, leer elkeen vir my waardevolle lewenslesse wat ek altyd sal koester.
Toekoms-ideale
Ek aspireer om my volle potensiaal te bereik in alles wat ek doen. Ek wil ook God se plan vir my uit te leef. Al is ek onseker wat in die toekoms voor my lê, wil ek my lewe met ‘n vreugde en liefde in my hart, ten volle leef. Ek hoop om ‘n straal sonskyn vir ander te kan wees. Wanneer ek terug kyk na my lewe en die ervarings wat daarmee saamgaan, hoop ek om tevrede te wees. Ek wil ook ‘n rustigheid in my hart hê deur te weet dat ek deur God en liefde geleef het.
RCL Head Leader.
In our series on high schools’ principal leaders for next year, Schools That Rock talks to Amoné Wessels. Amoné, VRL Principal Leader of Durbanville High School for 2023, tells us more about herself and her leadership.
“I have a caring heart and also a genuine passion for leading others. I am rooted in my values and I have a love for my school that is afraid of nothing. When I walked into Durbanville High School, only six out of three hundred learners were from my primary school. These were certainly unknown grounds. But Durbanville’s people enveloped me with love and from that moment on I didn’t look back for a second. It is also truly an honour to be able to lead a school and a group of people of excellence like the Durbies. I will strive every day to make them proud and bring them to new heights.
As I mentioned, I truly have a passion for leadership. In 2023, I want to strive to further expand my leadership qualities. It is my personal goal to seize and take full advantage of opportunities every day. Apart from my passion for leadership, I have also discovered a passion for netball over the years. I want to work hard so that I can reach my full potential in it and enjoy my heart sport together.
Morale
After COVID-19 hit our community, morale was low. Our school and its learners once again desperately needed the “spirit” that Durbanville is known for. The leadership of 2022 has done a remarkable job of igniting the flame of that spirit. During my tenure in 2023, I want to aim to unleash a wildfire of unity and spirit, not just in school, but in our community.
One of my biggest challenges at school is being able to know when my plate starts to overflow. I am terribly driven and will pack my schedule packed with various activities. I don’t want to let any opportunity that Durbanville High School offers me slip by. Instead of saying “no,” I’ll put my productivity meter into seventh gear and strive to bring success to each of the projects I take on.
The one thing that stands out to me like a pole above water at Durbanville High School, is the feeling of family. When you walk through the gates and you see the school flag flying in front of you, you experience an immediate tranquility in your heart and you know that you are home. The unity and cohesion of the school is unique to any other school in the country and causes every learner’s heart to beat, Durbie beat.
Mentors
I am extremely privileged to have several mentors and leader figures in my life that I can look up to. Our headmaster, Mr. Venter, is a great example of a leader who is steadfast in his values and who truly has a love and passion for what he does. My mom and dad are without a doubt cardinal mentors in my life, teaching me to live like God, radiate love for others, and see the good in every person.
If I had to be a kitchen article, I would want to be a whisker. Simply for the reason that the possibilities are infinite. A whisk can make dishes, from the simplest scrambled eggs to the most complicated wedding cake. This plays a crucial role in the cooking process. A whisk does not limit himself to the box in which society places him. He rises above it and proves the world wrong.
My friends would describe me as loving, kind, and someone who is big hearted. If anyone needs a shoulder for support or needs an ear to listen, I’m there. They would also describe me as someone who is passionate in everything I do. I will put my heart into any project I take on and make sure it runs smoothly.
Motivation
Proverbs 16:9 says “Know the Lord in all that you do and He will help you to carry it out”. God is definitely my main motivator and gives me strength to work hard so that one day I can achieve my goals and ideals and live out my full potential. My faith is at the core of who I am and lays the foundation for my way forward and all that I aspire to be and achieve one day.
Durbanville High School also creates a sense of unity and family for the learners. At Durbanville High School they are more valuable than gold in our current society. The process of choosing a high school is daunting and crucial to shaping one’s humanity. As soon as you walk through our gates you will see the school flag flying in the sky and know that you are home. The pride and love that will germinate within your heart for Durbanville High School is indescribable and something I would also advise every child in our country to experience.
Future goals
I aspire to reach my full potential in everything I do. I also want to live out God’s plan for me. Even though I am unsure what lies ahead of me in the future, I want to live my life to the fullest with a joy and love in my heart. I hope to be able to be a ray of sunshine for others. When I look back at my life and the experiences that come with it, I hope to be satisfied. I also want a tranquility in my heart by knowing that I have lived by God and love.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
http://www.durbanvillehs.co.za/
Photo supplied