VRL Hoofleier Durbanville. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Louis Meiring. Louis, VRL Hoofleier van Hoërskool Durbanville vir 2023, vertel ons meer van homself en sy leierskap.
“Die rol as leier was nog altyd ‘n saadjie diep in my hart. Ek het nog nooit daarna omgesien of dit water gegee nie. Maar gedurende my graad 9 jaar het daardie saadjie begin ontkiem toe ek die rol van Klaskaptein aangevat het. Met die jare wat aangeloop het tot nou toe, het daardie saadjie begin groter en sterker word totdat ek in graad 10 die rol van graadraad wou probeer aanvat. Ongelukkig was dit onsuksesvol en ek het nie die rol gekry nie. Dit het my net meer gemotiveer om die plant te help groei. Toe dit tyd word om die Hoofleiers te kies het ek geweet dat dit nou my tyd is. Dit is tyd vir my om die vrugte te pluk van hierdie boom wat ek so lank al aan gewerk het.
Goeie punte
‘n Groot persoonlike doelwit vir meeste graad elf’s is om seker te maak dat hulle punte goed genoeg is om hulle voorspoed te gee in die wêreld daar buite. Ek sal met goeie punte die pad wil oopmaak sodat ek toelating kan verwerf tot ‘n universiteit van my keuse. Op die sportgebied het ek onlangs ‘n liefde vir atletiek ontwikkel. Ek sal graag gedurende my laaste skooljaar wil presteer en kyk hoe ver ek kan kom.
Ek sien myself as ‘n enorme ekstrovert. Met dié rol sal ek graag met nuwe mense in kontak wil kom om nuwe vriende te maak en verhoudings te bou. As ‘n kind het ek effens gesukkel met selfvertroue, maar met hulp van vriende en geliefdes kon ek van daardie struikelblok ontslae raak. So, daar is ‘n volgehoue doelwit om my selfvertroue te verbeter. Ek sal ook aan my verhouding met die Here wil voortbou. Ek wil verseker wees van sy wysheid en leiding deur die goeie en slegte tye.
Gedurende my vier jaar by die uitstekende skool het ek so baie vreugde ervaar vanaf die skool se leerders en personeel. Ek sal graag aan Hoërskool Durbanville my dankbaarheid wil wys. Ek wil dit doen deur gedurende my dienstermyn daardie vreugde aan ander terug te gee. Om die mense rondom my gelukkig te maak is een van my grootste doelwitte. Met my drie jaar wat ek as klaskaptein gedien het, kon ek sien dat sekere rolle op neergekyk word deur die leerders van die skool. Ek sal vir die Durbies wil wys dat geen rol op neergekyk moet word nie. Enige rol kan bydra tot die suksesvolle funksionering van die skool.
Grootste uitdaging
Jou hoërskool jare is die tyd wanneer jy jouself vind. Gedurende my jare hier, in my tweede woonplek, het ek ‘n groot uitdaging gehad. Ek het gesukkel om agter te kom waar ek inpas. Ek het baie vriende uit ‘n verskeidenheid groepies. My probleem was egter dat ek nie by een kon inpas nie. Dit is soos daardie regte legkaartstuk wat jy vir ure lank soek. Dit het veroorsaak dat ek twyfel in wie ek is en waarin ek belangstel. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek nie nodig het om in ‘n boksie in te pas nie. Ek is gelukkig, maak nie saak waar ek myself bevind nie.
Sonder enige twyfel staan die Durbies se gees vir my die meeste uit by die skool. Die Durbies se gees is onvergelykbaar met enige ander skool. Selfs al is die telbord nie in ons guns nie, sal die Durbies hulle harte uitsing. En soveel meer wanneer die Durbies die beker huistoe bring.
Daar is so baie mense in my lewe wie my inspireer deur hoe hulle daagliks die lewe aanpak. Maar ons skool se vorige Jeugleiers is ‘n groot inspirasie. Een wat vir my op die stadium uitstaan is Franko van Wyk. Die manier waarop hy ons skool kon aanspreek met respek en selfvetroue oor ‘n moeilike onderwerp is indrukwekkend. Met die jaar wat ek as hoofleier gaan dien sal ek streef om soos hy in enige situasie te kan optree.”
Jy is ‘n kombuisartikel? Wat is jy en hoekom? “Ek is ‘n “Blender”! Ek kan baie “loud” wees en is geneig om die mense om my te verpes met die geraas wat ek maak. Tog geniet mense my geselskap soos die “smoothie” wat die “blender” op die einde voorsien.
Vriende
My vriende beskryf my as ‘n vriendelike siel wat die beste vir almal soek. Iemand waarna toe jy sal gaan wanneer iets jou pla. Die beste rooikop wat hulle ken. Iemand wat jy lekker saam mee kan lag en ook ‘n terggees van formaat.
Wat my motiveer om my ideale te bereik, is my liefde vir die mense rondom my. Ek word gedryf deur die opbouende woorde en dade van my vriende. Asook my strewe na die beste weergawe van myself.
Waar sal ek begin om leerders aan te raai om deel van Durbies te word? Hierdie omgewing waar ons onsself bevind is vol redes. Hoërskool Durbanville is tog die skool waar Elkeen Iemand Is. My skool is vol van die beste tieners wat ‘n skool kan hê. Hier sal jy dadelik deel van die familie voel. Jy het nog nie die gees van ‘n skool ervaar totdat jy ‘n Durbie wapen op jou bors het tussen vele ander wat die ware Durbie Trots uitleef nie.
My gunsteling onderwyser? Daar is so baie! Dis moeilik, want almal beteken so baie vir my. Maar… as ek nou een moet uitsonder sal dit Juffrou Nadia Redelinghuys wees. Sy is een van die vele onderwysers wat my verwelkom het in graad 8 by die, toe vreemde plek, wat ek nou sien as my gunsteling bestemming. Maar wat haar anders maak van die res, is die manier waarop sy ons verwelkom het. Hoe sy my en ander verlore siele gerus gestel het en ons gehelp het om die groot gebou te leer ken met glimlag op haar gesig deur die hele proses.
My toekoms-ideale is om te leef in die oomblik en enige geleentheid wat oor my pad kom aan te gryp.”
RCL Head Leader Durbanville
In our series on schools’ headleaders for next year, Schools That Rock talks to Louis Meiring. Louis, RCL Head Leader of Durbanville High School for 2023, tells us more about himself and his leadership.
The role as leader has always been a seed deep in my heart that I have never cared for or watered. But during my Grade 9 year, that seed also started germinating when I took on the role of Class Captain. As the years went on until now, that seed started to get bigger and stronger until I wanted to try and take on the role of degree board in Grade 10. Unfortunately, it was unsuccessful and I didn’t get the role. This just motivated me more to help the plant grow. When it came time to choose the Chief Leaders, I knew that now was my time. It is time for me to reap the benefits of this tree that I have been working on for so long.
Good marks
A big personal goal for most grade elevens is also to make sure that their marks are good enough to give them prosperity in the world out there. I will want to open the way with good grades so that I can gain admission to a university of my choice. In the field of sports, I also ecently developed a love for athletics. I would love to excel during my last year of school and see how far I can get.
I see myself as an enormous extrovert. With this role, I would love to connect with new people to make new friends and also build relationships. As a child, I struggled slightly with self-confidence, but with help from friends and loved ones, I was able to get rid of that obstacle. So, there is a sustained goal to improve my confidence. I will also want to build on my relationship with the Lord. I want to be assured of his wisdom and guidance through the good and bad times.
During my four years at the excellent school, I experienced so much joy from the school’s learners and staff. I would like to show my gratitude to Durbanville High School. I want to do this by returning that joy to others during my term of service. Making the people around me happy is one of my biggest goals. With my three years serving as class captain, I could see that certain roles were being looked down upon by the learners of the school. I would like to show the Durbies that no role should be looked down upon. Any role can contribute to the successful functioning of the school.
Biggest challenge
Your high school years are the time when you find yourself. During my years here, in my second place of residence, I had a great challenge. I struggled to figure out where I fit in. I have many friends from a variety of groups. My problem, though, was that I couldn’t fit into one. It’s like that real puzzle piece you’ve been looking for for hours. This has caused me to doubt who I am and what I am interested in. I came to the conclusion that I don’t need to fit into a box. I’m happy no matter where I find myself.
Without any doubt, the Durbies’ spirit stands out the most to me at school. The Durbies’ spirit is incomparable to any other school. Even if the scoreboard is not in our favor, the Durbies will sing their hearts out. And so much more when the Durbies bring home the Cup.
There are so many people in my life who inspire me by how they approach life on a daily basis. But our school’s past Youth Leaders are a great inspiration. One that stands out to me at this point is Franko van Wyk. The way he was able to address our school with respect and self-confidence on a difficult subject is impressive. With the year that I will serve as headleader, I will also strive to be able to act like him in any situation.
You’re a kitchen article? What are you and why? I’m a “Blender”! I can be very “loud” and tend to off the people around me with the noise I make. Yet people enjoy my company like the “smoothie” that the “blender” provides at the end.
Friends
My friends describe me as a kind soul who seeks the best for everyone. Someone you’ll go to when something bothers you. The best redhead they know. Someone you can have a good laugh with and also a teasing spirit of stature.
What motivates me to achieve my ideals is my love for the people around me. I am also driven by the uplifting words and deeds of my friends. As well as my pursuit of the best version of myself.
Where would I start to advise learners to also become part of Durbies? This environment where we find ourselves is full of reasons. Durbanville High School is, after all, the school where Everyone Is Someone. My school is full of the best teenagers a school can have. Here you will immediately feel part of the family. You have not experienced the spirit of a school until you have a Durbie weapon on your chest among many others living out the true Durbie Pride.
My favorite teacher? There are so many! It’s hard because everyone means so much to me. But… if I have to single one out now it will be Miss Nadia Redelinghuys. She is one of the many teachers who welcomed me in Grade 8 to the, then strange place, which I now see as my favorite destination. But what makes her different from the rest is the way she welcomed us. How she reassured me and other lost souls and helped us get to know the great building with smiles on her face throughout the process.
My future ideals are to live in the moment and seize any opportunity that comes my way.”
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
http://www.durbanvillehs.co.za/
Foto verskaf