Voortrekkers. Twee matriek leerders van Hoërskool Outeniqua, George Knell en Petro Marié Fourie het Maandag, 17 April 2023 die Presidentsverkenner eksamen van die Voortrekkers geskryf. George Knell slaag hierdie eksamen en Petro Marié Fourie slaag met lof.
Die Presidentsverkenner eksamen is ‘n nasionale eksamen. Dit word landswyd op dieselfde tyd en dag aanlyn geskryf. Dit is ook die hoogste prestasie wat verkry kan word in die Voortrekker beweging op skoolvlak.
Beide leerders is uitgenooi na die Presidentsverkenner kamp wat gedurende die Julie vakansie by Graaff-Reinett plaasvind.
‘n Boodskap van die Kommandoleier van die George Kommando aan George en Petro Marié: “𝘉𝘢𝘪𝘦 𝘨𝘦𝘭𝘶𝘬 𝘢𝘢𝘯 𝘏𝘰𝘦̈𝘳𝘴𝘬𝘰𝘰𝘭 𝘖𝘶𝘵𝘦𝘯𝘪𝘲𝘶𝘢 𝘮𝘦𝘵 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘭𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦𝘳𝘴 𝘴𝘦 𝘱𝘶𝘪𝘬 𝘱𝘳𝘦𝘴𝘵𝘢𝘴𝘪𝘦 𝘦𝘯 𝘣𝘢𝘪𝘦 𝘩𝘰𝘦̈ 𝘷𝘭𝘢𝘬 𝘷𝘢𝘯 𝘢𝘭𝘨𝘦𝘮𝘦𝘯𝘦 𝘬𝘦𝘯𝘯𝘪𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦𝘳𝘴 𝘰𝘱𝘦𝘯𝘣𝘢𝘢𝘳 𝘩𝘦𝘵.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf