Voortrekkers. Lezé Serfontein, leerder van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, het vanaf 9 tot 13 Julie die Nasionale Presidentsverkenner-afrondingskamp in Graaff-Reinet bygewoon.
Ten spyte van die sneeu en koue, het die Voortrekkers die geskiedkundige dorp verken, ‘n verskeidenheid sessies bygewoon en talle vaardighede ontwikkel. By die Voortrekkers se formele dinee is Lezé aangewys as die kandidaat met die vierde hoogste teoretiese punt in die land. Hierdie kamp was die laaste vereiste vir haar om die titel van Presidentsverkenner te verwerf.
‘n Baie groot prestasie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf