Afrikaanse Olimpiade. Ses leerders van Hoërskool Parys het uitstekend gevaar met die Nasionale Senior Afrikaanse Olimpiade. Hoërskool Parys het ook ses leerders onder die top 20 in die Vrystaat.
Hoërskool Parys se leerders het as volg presteer:
- Ananje Steenkamp behaal ‘n tweede plek in die Vrystaat en ‘n elfde plek nasionaal
- Maritza Nel behaal ‘n vierde plek in die Vrystaat en ‘n vyftiende plek nasionaal
- Kyla Coetzee en Antje Koekemoer behaal gesamentlik ‘n vyfde plek in die Vrystaat en ‘n sestiende plek nasionaal
- Yaounde Litchfield en Elandri Olwage behaal gesamentlik ‘n negende plek in die Vrystaat.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf