SA Boerperd Nasionale skou. Simoné Jacobsz, leerder van Hoërskool Ermelo, het vanaf 26 Junie tot 1 Julie deelgeneem aan die SA Boerperd Nasionale skou in Parys te Afridome.
Tydens hierdie skou is daar klasse waar die ruiter beoordeel word en ander waar die perd onder beoordeling is. Simoné het met vier verskillende perde deelgeneem waar sy verskeie eerste, tweede en derde plekke verower het.
By die kampioenskap is sy as Suid-Afrikaanse kampioen in tien van haar klasse aangewys en is sy ook die reserwe-kampioen in een klas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf