Voortrekker Rugby. Bethlehem Voortrekker HoĂ«rskool se rugbyspanne het waarlik ‘n seisoen van kampioene beleef!
Die o/15 A-span het die finale van die Kovsiebeker vir groter skole oortuigend met 57 – 5 op Shimlapark gewen. Hul teenstanders in die finaal was HoĂ«rskool Upington. Sybrand Bester is aangewys as die speler van die wedstryd. Hy het ook drie drieĂ« gedruk. Baie geluk aan hul afrigters vir hul toegewydheid.
Dit is die derde liga wat die O.15A span as kampioene gekroon word. ‘n Unieke prestasie!
Wesgrow Finaal
In die Wesgrow Finaal het BVHS rugby as algehele reekswenners uit die stryd getree met die volgende tellings in die finaal:
- 14 A verloor vs HoĂ«rskool Witteberg 17 – 5. Hulle eindig in die tweede plek.
- 14 B verloor vs HoĂ«rskool Goudveld 21 – 5. Hulle eindig vyfde (vriendskaplik)
- 15 A wen HoĂ«rskool Diamantveld 17 – 5. Eindig eerste.
- 15 B wen Diamantveld 50 – 0 . Eindig in die eerste plek.
- 16 A wen Witteberg 24 – 11. Eindig in die eerste plek.
- 16 B verloor vs Diamantveld 16-17. Eindig in tweede plek.
- 3 de Span verloor vs Witteberg 24 – 14. Eindig in tweede plek.
- 2 de Span wen Sentraal 23 – 27. Eidig in eerste plek.
- 1 ste Span speel gelykop vs Witteberg 17 – 17. Deel die eerste plek.
Griffons Finaal
Tydens die Griffons Finaal speel vier BVHS uit vyf spanne in die finaal. Twee spanne – o/15A en o/16 A – wen hul ligas. Nog twee BVHS spanne – o/14 en 1ste span is naaswenners.
BVHS is met reg trots op elke span se vertoning. Die volgende tellings is behaal:
- 14 A vs Witteberg verloor 20 – 17
- 15 A vs Welkom Gimnasium wen 17 – 12
- 16 A vs Welkom Gimnasium wen 13 – 8
- 1ste Span vs Trio verloor 21 – 15.
Bethlehem Voortrekker HoĂ«rskool sluit die 2022 vyftienmanrugbyseisoen op ‘n hoogtepunt af!
BVHS rugbyspelers speel hul harte uit met Tshiba Tswara wat weerklank vind in hul harte.
Non sibi sed patriae.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf