Mpumalanga Skaaktoernooi. Hoërskool Ermelo se o.19-skaakspan het op 22 Augustus te Hoërskool Hoogenhout in Bethal deelgeneem aan die finale Mpumalanga-skaaktoernooi.
Die o.19’s van die Erries het as wenners van die toernooi weggestap met goue medaljes en is gekroon as Mpumalanga-kampioene. Hulle het al die spanne teen wie hulle gespeel het, geklop.
Die wenspan het ook drie bordwenners opgelewer, naamlik Dirk Maritz, Otto van Schalkwyk en Jan-Maarten van Schalkwyk wat ook hiervoor erkenning ontvang het omdat hulle al hul wedstryde gewen het.
Hoërskool Ermelo se o.19-skaakspan het uit die volgende leerlinge bestaan: Dirk Maritz, Edrich Beyer en Riku van der Bank in graad 12, Otto van Schalkwyk en Altus Boshoff in graad 11 en Jan-Maarten van Schalkwyk en John-Pierre van Rooyen in graad 9.
Baie geluk met hierdie puik prestasie! Die Erries is trots op die Mpumalanga-kampioene!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Krediet vir foto’s: Wilanie van Staden en Reinet Benson van Hoogie Fotoklub