Voortrekker krieket – Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste krieketspan het vandag geskiedenis gemaak. Hulle wen oortuigend teen Witteberg met 9 paaltjies.
Antonio Cavaleiro (kaptein) het verwoesting gesaai met die bal in die hand en 6 Witteberg-paaltjies laat kantel vir slegs 10 lopies. Sy aanvangsbouler-vennoot aan die ander kant van die kolfblad, Matthew Maritz, het 2 paaltjies van sy eie ingeoes vir slegs 4 lopies.
Juan Theunissen, Presley Lesoro en Matthew het gesorg dat die wenteiken suksesvol verbygesteek word in die 9de boulbeurt met slegs 1 paaltjie plat.
Baie geluk aan Bethlehem Voortrekker krieket se 1ste span en hul afrigters met hierdie besonderse oorwinning. Dit was ook ‘n spesiale dag omdat die nuwe Kapteinsbaadjie vir die eerste keer ingebruik geneem is. Die baadjie-oorhandiging aan die nuwe kaptein Hendrik Janse van Rensburg, het ook plaasgevind.
Tradisie kweek Trekkertrots!
Baie dankie aan mnr. Hannes Oosthuizen en sy Witteberg-span vir die goeie gees waarin die wedstryd geskied het.
Meer skolenuus – https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
#Trekkertrots
Foto voorsien