o/15A Krieketspan – Die o/15A krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die 1ste span se voorbeeld gevolg. Hulle het ook afgereken met Hoërskool Witteberg.
Witteberg het eerste gekolf. Danksy ‘n goeie boulvertoning deur Vlag Janse van Rensburg (3/8 in 4 boulbeurte) en Heindré Serfontein (2/26 in 6 boulbeurte) word Witteberg uitgeboul vir 104 lopies.
Christiaan van der Sandt (29 lopies nie uit nie) en Vlag (27 lopies) se vennootskap van 56 het verseker dat die Trekkers die teiken suksesvol jaag met 7 paaltjies staande.
Baie geluk aan hierdie span, sowel as die afrigters, mnr. Christiaan Schoeman en mnr. Ruan Labuschagne.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s voorsien