Vlak 3 SA-streekswemkampioenskappe. Primêre Skool Naudeville in Welkom is trots om een van hul ster-sportleerders uit te lig!
Baie geluk aan Elle-Ann Roper wat van 26–29 Maart aan die Vlak 3 SA-Streekswemkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het en uitstaande prestasies behaal het.
🏊♀️ Sy het 2 silwer medaljes en 1 brons medalje verower – ’n ongelooflike prestasie wat haar harde werk en toewyding weerspieël.
Die hele skoolgemeenskap is baie trots op jou, Elle-Ann. Jy is ’n inspirasie vir jou spanmaats en ’n ware ambassadeur van Naudeville!
Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor









