Tydens die Skoleskiet kompetisie wat op 26 en 27 April 2019 by Hoërskool Landboudal gehou is, het Uppies se Sporterskuts baie goed presteer.
In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp ‘n goue medalje in die drie-posisie en in die staanposisie. Juan eindig ook algeheel eerste in sy ouderdomsgroep. In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma ‘n goue medalje in die drie-posisie en eindig algeheel eerste in sy ouderdomsgroep.
In die ‘Target Sprint’ kompetisie eindig Janko Botma eerste in die o/16 ouderdomsgroep en Petrus Labuschagne kry silwer in die o/21 ouderdomsgroep.
Uppies is trots op julle!
Foto: Juan Steenkamp, Petrus Labuschagne en Janko Botma
Become a Sponsor









