)

Uppies se skuts skitter

Voor vlnr: Markus Gous, Ayden Smith, Ashton Willemse, Janko Botma, Wian van As.

Agter vlnr: Juan Steenkamp en Petrus Labuschagne.

Tydens die finale skiet-kompetisie wat op 16 en 17 Augustus in Upingon gehou is, het die Uppieskuts puik presteer.

In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma twee goue medaljes – 1 in die drie-posisie en een in die staanposisie. In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp twee silwer medaljes in die drie-posisie en in die staanposisie.

In die o/21 Veergeweer kompetisie kry Wian van As ‘n silwer medalje in die drie-posisie.  In die o/16 Veergeweer-kompetisie kry Markus Gous ‘n brons medalje in die staanposisie.

Ashton Willemse, Uppies se rolstoel lugpistoolskut, kry ‘n silwer medalje vir die o/14 pistool-kompetisie.

Tydens die ‘Target Sprint’ kry Petrus Labuschagne ‘n silwer medalje vir die o/21-groep.  Janko Botma kry ‘n silwer medalje en Ayden Smith kry ‘n brons medalje in die o/16-groep.

Skietbekers vir die beste skuts vir 2019 gaan aan Juan Steenkamp vir beste o/21 Sportergeweerskut en aan Janko Botma vir beste o/16 Sportergeweerskut.

Die volgende skuts is in die Noord-Kaap spanne opgeneem wat tydens die September vakansie aan die SA-skoleskietkompetisie in Kaapstad gaan deelneem.

Noord-Kaap A-spanne:

  • Juan Steenkamp
  • Janko Botma
  • Wian van As
  • Noord-Kaap B-spanne:
  • Petrus Labuschagne
  • Markus Gous

Ashton Willemse, Uppies se rolstoelskut, is ook uitgenooi na die SA-kompetisie.

Baie dankie vir al die ouers se ondersteuning. ‘n Spesiale dank ook aan mnr. Johan Steenkamp wat tydens elke kompetisie as baanoffisier opgetree het.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal