)

Hoërskool Punt o/17’s presteer by SWD Sewes-proewe in George

De la Rey Steyn

Hoërskool Punt se o/17 7’s-rugbyspan het op Saterdag, 24 Augustus, by PW Botha in George aan die o/17 SWD sewes-proewe deelgeneem.  ‘n Baie jong o/15-span, wat vars van ‘n brons medalje by die Zibi 7’s af kom, het deelgeneem met slegs drie o/17 spelers wat by die span bygevoeg is.

Punt het eerste teen die Barbarians, wat uit ‘n kombinasie van Outeniqua en Oakdale spelers bestaan, gespeel.  Punt verloor ongelukkig hierdie wedstryd waartydens Callie Schutte ‘n uitstekende drie gedruk het. Daarna speel Punt  teen PW Botha en wen die wedstryd 26 – 21.  In hul volgende wedstryd verloor Punt ongelukkig met 12-17 teen die span van Kairos.

Hoërskool Punt dring deur na die Plaat Semi-finaal (op punteverskil) en speel teen George High.  Met ‘n paar beserings en moeë lywe verloor Punt ongelukkig hierdie wedstryd. Dit word gesien as ‘n baie goeie leerskool en ervaring vir die jong span, aangesien die meeste van die spelers  nog vir die volgende 2 jaar in  hierdie ouderdomsgroep kan deelneem.

Mnr. M. Neethling is na afloop van die proewe as afrigter van die SWD o/17-span aangewys. Mnr. J.R Foreman het as keuder vir Mosselbaai-streek opgetree.

De la Rey Steyn is aangewys as Punt se man van die toernooi.

Baie geluk, manne!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal