)

Uppies moker hulself tot in die krieket-finaal

HoĆ«rskool Upington het die afgelope naweek in die semi-finaal van die T20-liga teen Dragons gespeel. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Dian Kapp en AW Duvenhage begin bestendig en trotseer die aanval. Dian se paaltjie val op 37 en Bobby Duvenhage stap na die kolfblad. Sy oĆ« was gerig op sy doelwit om dit ā€˜n goeie beurt te maak. Kort daarna word AW met ā€˜n vangskoot uitgevang en Johannes du Plessis stap in.

Johannes en Bobby skop vas en begin elke bal met mening moker. Hul teken saam 138 lopies aan van slegs 82 balle. Bobby eindig op 74 en Johannes op 65 lopies wat die totaal van Uppies op 195 in hul toegelate 20 boulbeurte bring.

Dragons kolf volgende en enige telling is daar om verbeter te word. Die boulaanval van Uppies is verbete en die paaltjies kantel kort-kort. Henco Kotze kry 2 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 11 lopies af. BenrƩ Engelbrecht neem 2 paaltjies, Bobby Duvenhage neem 2 paaltjies, Dian Kapp neem 2 paaltjies van slegs 3 balle en Dragons is almal uit vir 93 lopies.

Uppies wen die wedstryd met 102 lopies.

Die finaal vind op 21 Maart om 9:30 op Uppies se veld teen Carltonians plaas. Dit beloof om ā€˜n skouspel te wees.

 

Voor: Giovanni Lategan, Theuns Kotze, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder

Agter: AW Duvenhage, William Briekwa, Dian Kapp, Lee-Charm van Wyk, Benré Engelbrecht,     Henco Kotze, Johannes du Plessis

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal