Die Noord Kaap het vanjaar weer `n goeie span gehad wat deelgeneem het aan die proewe. Daar was `n totaal van 47 ruiters wat deelgeneem het in die Driegang afdeling en 32 ruiters in die Vyfgang afdeling.
Uit hierdie groot groep ruiters word daar slegs 12 ruiters vir die Senior Protea span gekies asook 12 ruiters vir die Junior Protea span.
Die uitslae van die pas afgelope ESSASA Nasionale Ā Ruiterkuns Proewe in Parys is as volg:
- Jessi Wessels, wat ook lid was van die Noord-Kaap Vyfgangspan, het deurgedring tot die finale proewe groep van 18, waaruit die Senior en Junior Protea Spanne gekies is.
Uppies se Trotse tradisie van Ruiterkuns Ruiters word voortgesit in 2018.