Uppies se O/15 krieketseisoen het Dinsdag, 23 Januarie, afgeslaan. Die 0/15 krieketspan het teen HoĆ«rskool Kenhardt gaan speel in Kenhardt. Ten spyte van die baie warm son, kon Uppies se 0/15 span nie vir ān beter begin van die seisoen gevra het nie. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die lopies het stadig maar seker meer geword en na hul 25 beurte teken Uppies ān goeie 168 lopies aan vir die verlies van 3 paaltjies. Uitblinkers met die kolf was Geo Engelbrecht met 57 lopies en Rique Slabbert met 28 lopies, beide nie uit nie.
Daarna het Kenhardt gaan kolf en Uppies het hul beperk tot slegs 68 lopies vir die verlies van 10 paaltjies, danksy skerp boul en veldwerk. Beste boulers vir die dag was Jaden Fortuin en Miguel Meintjies, elk met drie paaltjies. Uppies wen dus die wedstryd met 100 lopies.
Agter vlnr: Mnr SD Botes, GT Geldenhuys, Grannen Brand, Awie van der Westhuizen, Shaldon Cloete, Gideon Breedt, Janko Botma, John-Mark Solomon, Mnr SW Strauss.
Voor vlnr: Jaden Fortuin, Geo Engelbrecht, Beno Friedberg, Miguel Meintjies,Rique Slabbert.